Johannes 15:8

As julle baie vrugte dra, en as julle my dissippels is, dan sal die mense weet my Vader is God.

Wie is ons?

Kideas is die kinderbediening van Alberton Lewensentrum. Ons bestaan uit ‘n groep gelowige vrywilligers wat elke Sondag oggend 9:00 gemotiveerd en voorbereid die kinders bedien uit ‘DIE WOORD’.

Wat is ons missie?

Om elke kind waarmee God ons toevertrou te leer van wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het. Om geestelik saam met die kinders te groei. Ons wil regtig in samewerking met julle as ouers, die kinders voorberei en toerus vir die daaglikse uitdagings en situasies wat oor hul paaie kom.

Hoe verloop ons dienste?

– Kinders kan ingeteken word tussen 8:30 en 9:00 in die teesaal.

– Ons speel en doen aktiwiteite saam met hulle tot die diens begin.

– Ons begin met aanbidding, van die tye word die musiek gelei deur ‘n ‘band’ en ander kere het ons videos en ‘n dansgroep wat ons lei.

– Ons sluit die aanbidding af met die ‘Onse Vader’ waar ons ook vir die kinders geleendheid gee om uit te tree vir gebed…

– Daarna verdaag ons in ouderdomsgroepe na die verskillende lokale saam met die vrywilligers om die les te behandel.


Vir enige navrae kontak ons gerus by 0653003891 of dandre@lewensentrum.org