Ek’s Nuut

Ek’s Nuut2018-11-12T14:40:03+00:00

Hoe lyk jou volgende stappe?

WELKOM TUIS!

Hierdie is maklike eerste stappe vir jou om deel te raak van die lewe in die gemeente. Ons geniet dit om te sien hoe nuwe mense hulle tuiste vind hier by ons en aanhou beweeg om so ook deel te vorm van die hart en siel van die kerk.

Ons glo dat God ‘n verskil deur JOU wil maak! Dus is dit vir ons belangrik dat jy nie verdwyn tussen die massas nie maar dat jy versorg en uitgedaag word in jou geestelike groei. Kom ontdek ware geestelike groei saam met ander wat hierdie pad saam jou wil stap en wie weet dalk knoop jy ‘n nuwe vriendskap of twee aan in die proses.

EK WIL DEEL WORD

Ons is ʼn Gemeente met momentum en Hierdie momentum vra my en JOU bydrae! Vrywilligers kom weekliks op verskeie platforms bymekaar om hulle unieke bydrae te gee vir een rede; OM SPASIE TE SKEP VIR MENSE OM JESUS TE ONTMOET. Ons glo ʼn liefde vir ons naaste moet uitdrukking vind in die manier hoe ons gelowiges en ongelowiges dien. Die maklikste manier om te begin dien is om in te skakel by een van ons vrywilligerspanne. Onthou, om te dien is maklik! Ons bied vir jou die nodige opleiding om gemaklik te kan bedien en waar moontlik jou ook te belyn met jou gawes en talente. Sê “JA” en begin dien.

EK IS REG

Ons weet daar is nog meer wat vir jou voorlê! Om Jesus as Koning te verklaar is net die begin van die avontuur – ons sal jou graag ondersteun en toerus soos jy hierdie avontuur aanpak. Ons bied verskeie kursusse en omgeegroepe aan wat jou toerus van herstel tot opstel. Van gestruktureerde kurrikulums by LewenSentrum-Skool tot kursusse wat meer gefokus is op verskeie aspekte van die lewe wat help om meer sin te maak van waar jy nou tans is of waarna toe jy op pad is.

EK WIL GROEI

Ons is opgewonde saam met jou dat jy ‘n tuiste gevind het!

Kom gesels gerus met ons by die inligtingstoonbank wat regstaan om jou te help om God en mens liewer te hê!