DATUM:                    18 JULIE 2021 (OGGENDDIENS)

PREDIKER:                ANDRIES ENSLIN

TEMA:                       BEDIEN, BETROKKE, BEMOEDIG EN BYMEKAAR

REEKS:                       JOU B-12 TEEN COVID

SKRIFVERS:              JONA 1-3 (NLV)

__________________________________________________________________________________

 

JOU EIE B-12 WOORDE

 

  • Bybel lees
  • Bid

 

BEDIEN, BETROKKE, BEMOEDIG EN BYMEKAAR

 

Jona 1:1-3 (NLV) Die Here het die volgende boodskap vir Jona, die seun van Amittai, gegee: “Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien.” Maar Jona het in die teenoorgestelde rigting gegaan om van die Here af weg te kom. Hy het afgegaan na die kus toe, na die hawe Joppe. Daar het hy ’n skip gekry wat Tarsis toe sou vaar. Hy het ’n kaartjie gekoop en aan boord gegaan. Jona het gehoop dat as hy in ’n westelike rigting gaan, hy van die Here af sou wegkom.

 

Almal het ‘n gawe, ‘n geleentheid en ‘n bydrae om te maak.

 

VLUG, VEG, VERSKONING, VERGELYK OF VOLG

 

Jona 4:2-3 (NLV) Hy het by die Here daaroor gekla: “Het ek nie voor ek by die huis weg is, gesê dit is wat U sou doen nie, Here? Dit is die rede hoekom ek na Tarsis gevlug het! Ek het geweet U is ’n genadige God, ’n God van medelye. U word stadig kwaad en is liefdevol en getrou. Ek het geweet U kry maklik berou en dat U van plan sou verander en hulle nie straf nie. Here, vat nou maar my lewe! Ek wil liewer dood wees as om te lewe.”

 

WIE VOLG WIE? Ons gebede verklap baie …

 

ONE LIFE MOVEMENT

 

Jona 2:1-2 (NLV) Jona het uit die ingewande van die vis tot die Here sy God gebid. Hy het gesê: “In my groot nood het ek die Here aangeroep en Hy het my geantwoord. Ek het uit die doderyk geroep en U het my gehoor!”

 

Ps 119:37a (NAV) Weerhou my van ‘n nuttelose lewe, laat my leef …