IS DIT BYBELS?

 

Handelinge 14:19-20 (DB) Intussen het ’n groep Jode van Antiogië en Ikonium in die stad aangekom en die skare teen die twee opgesteek. Kort voor lank was die mense so opgesweep dat hulle Paulus onder die klippe gesteek het. Daarna het hulle hom tot buite die stad gesleep en hom daar vir dood laat lê. ’n Klompie gelowiges het om hom kom staan. Paulus het na ’n ruk weer bygekom en opgestaan. Later het hy die stad ingestap. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe vertrek.

 

2 Korintiërs 12:2-4 (DB) Kom ek vertel julle gou van ’n ander man wat ook aan Christus behoort (onthou dit is steeds ek, “die dwaas”, wat aan die woord is). Wel, daardie ander man is veertien jaar gelede op ’n dag skielik tot in die hoogste hemel weggevoer. Ek weet nie of hy met sy liggaam en al, of sonder ’n liggaam, in die hemel in is nie. Net God weet. Hierdie man is reguit na God se woonplek toe gevat. Daar het hy dinge gehoor wat hy nie mag oorvertel nie.

 

WAT SIEN EN BELEEF MENSE?

  • Meer lewendig as ooit
  • Verwelkom
  • Tonnel
  • Hemelse of helse belewenis?
  • Lewensoorsig
  • Jesus

 

MEER LEWENDIG – NUWE LIGGAAM

 

1 Korintiërs 15:42-44 (DB) Die liggaam wat doodgaan, vergaan heeltemal, maar die liggaam waarmee ons weer lewendig sal word, sal nooit vergaan nie. Die liggaam wat begrawe word, is vol gebreke, maar oor ons nuwe liggaam sal ons maar net kan oorloop van trots. Die oue is swak, maar die nuwe is vol krag. Ons sterf as gewone aardse mense, maar ons gaan lewendig word in ’n nuwe geestelike liggaam. Soos daar ’n gewone aardse liggaam is, so is daar ook ’n geestelike liggaam.

 

VERWELKOMING

 

Hebreërs 12:1a (DB) Die lewe is soos ’n wedloop. Op die pawiljoen het ons ’n skare mense wat voor ons met geloof en vertroue in God geleef het. Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop.

 

HOE BELEEF HULLE JESUS?

 

Esegiël 1:26-28 (DB) Bokant die wesens se koppe was daar iets wat gelyk het soos ’n reusesitplek waarop ’n koning sit. Dit het gelyk of hierdie sitplek van hemelsblou edelstene gemaak is. En hoog bo-op die troon het Iemand gesit wat vir my na ’n Mens gelyk het. Hy het ver bokant die troon uitgestaan, so groot was Hy. Die Man se bolyf het gegloei. Dit het gelyk of dit van lopende, witwarm metaal gemaak is, so helder het dit geblink. Dit het gelyk of daar vuur uit sy bolyf kon kom, so het dit geskitter. En sy onderlyf het net so geskitter, asof dit van ’n baie warm vuur gemaak is. Rondom die Man was die lig so helder dat dit gelyk het of die mooiste veelkleurige reënboog om Hom gedraai was. Ek het toe besef dat dit die Here self was wat in al sy mag aan my verskyn het. En toe ek die Man sien, het ek met my gesig in die stof neergeval. Ek kon nie langer bly staan nie, so het dié gesig my oorweldig. Toe hoor ek iemand wat met ’n helder, duidelike stem met my praat.