DIE LEWE TUSSEN TWEE DESEMBERS

18 February 2020
Video Klank Opname Preek Notas

 

DIE LEWE TUSSEN EGIPTE EN DIE BELOOFDE LAND

1 Korintiërs 10:1-13 (DB) Liewe vriende, kyk weer na wat in ons geskiedenis gebeur het en leer daaruit. Toe ons voorouers deur die woestyn getrek het, was hulle heeltyd onder ’n wolk. Hulle het ook deur die water van die see gegaan. Hulle het dus gedurig water om hulle gehad. ’n Mens sou dus kon sê dat hulle as Moses se volgelinge gedoop is deur die water van die wolk en die see. Net so het hulle almal van die kos geëet wat God spesiaal vir hulle gegee het en van die water gedrink wat God vir hulle uit die rots laat kom het. Eintlik sou ’n mens kon sê dat hulle ’n geestelike rots gehad het wat saam met hulle gegaan het en dat Christus die rots is. Al is hulle “gedoop” en al het hulle die geestelike kos geëet, was God nie tevrede met die manier waarop die meeste van hulle geleef het nie. Daarom is hulle in die woestyn dood sonder om in die Beloofde Land in te gaan. Laat dit wat met hulle gebeur het vir ons ’n voorbeeld en waarskuwing wees. Dieselfde gaan met ons gebeur as ons ook heeltyd net in die verkeerde dinge belangstel soos party van hulle. Los die afgode uit. Die verhaal is mos neergeskryf: “Die volk het lekker gesit en feesvier, maar toe het hulle sulke vieslike dinge begin doen wat op geen manier by ’n kind van God pas nie.” Ons moet oppas om ons nie so sleg te gedra soos party van hulle by daardie fees gedoen het nie. Kyk wat het met hulle gebeur: God het 23 000 van hulle op een dag laat doodgaan. Ons moet nie kyk hoe ver ons Christus kan tart voordat Hy sy geduld met ons verloor nie, soos sekere van ons voorouers gedoen het. Ons weet wat het toe met hulle gebeur: hulle is deur slange doodgebyt. Moet ook nie waag om te sê dat God ’n fout gemaak het nie, soos party van hulle gedoen het. God het die engel wat net verwoesting agterlaat na hulle toe gestuur, en nou is hulle dood. God het hulle ’n voorbeeld vir ons gemaak. Ons kan dus nie sê dat ons nie gewaarsku is nie. Dit staan lewensgroot in die Skrif geskryf vir ons wat in die tyd leef net voor die Here weer kom. In dié tyd sal dit nie met die Christene net goed gaan nie. Wees daarom geestelik wakker. As jy gerus begin word en dink dat niks jou geestelik van stryk kan bring nie, val jy miskien juis in die kloue van versoekings en sonde. Nou praat ek nie van buitengewone versoekings nie. Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom. God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.

 

  1. Pasop vir afgode.
  2. Pasop vir oormaat plesier.
  3. Pasop vir dink jy weet beter.
  4. Pasop vir alles moet goed gaan.
  5. Bly geestelik wakker, moenie gerus raak nie.

 

EK BESLUIT HOE LEWE EK TUSSENIN

Moses, die volk, Josua of Kaleb

 

 

Alle preke in die reeks: DIE LEWE TUSSEN TWEE TUINE

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 TUSSEN ADAM EN DIE DOOIE SEE 24 February 2020 Andries Enslin Kyk Nou
2 DIE LEWE TUSSEN TWEE DESEMBERS 18 February 2020 Jean Marais Kyk Nou
3 ALLEEN 4 February 2020 Jean Marais Kyk Nou
4 DIE STRYD VAN SONDE TUSSEN DIE TUINE 26 January 2020 Andries Enslin Kyk Nou
5 Tussen twee bome 19 January 2020 Jean Marais Kyk Nou
6 DIE LEWE TUSSEN TWEE TUINE 13 January 2020 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media