Video Preek Notas

GEBED GEBEUR IN DIE LEWE

 

  1. Gebed wat my reg laat opstaan en reg laat slaap – Psalm 3

 

Midde in die harde realiteite van die lewe, volg ek getrou my roetines van oggend- en aandgebede. Daarom kan ek elke dag tot rus kom in die Here.

 

  1. Gebed wat my in en deur my werk dra

 

Nehemia 2:4 (NAV) Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?” Ek het ‘n skietgebed opgestuur na die God van die hemel …

 

Te midde van daaglikse keuses en besluite is skietgebede een van my ankers.

 

  1. Gebed wat my etes in vreugde omskep

 

Markus 6:41 (NAV) Toe het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Daarna het Hy die brood gebreek en dit vir sy dissipels gegee om aan die mense voor te sit. Hy het ook die twee visse onder hulle almal verdeel.

 

Markus 8:6 (NAV) Toe gee Hy die mense bevel om op die grond te gaan sit. Nadat Hy die sewe brode geneem en God gedank het, het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee om uit te deel, en hulle het dit aan die mense voorgesit.

 

Eer en dank aan God. Ek kom dankbaar aan by elke ete. Ek nooi God as Gasheer en Eregas.

 

  1. Gebed wat in krisisse uitroep na God

 

Psalm 50:15 (NAV) “Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” Die regte gebed is om God ook op te soek in krisisse. Sulke hulproepe moet voortdurend oorloop in dank.

 

Alle preke in die reeks: MAAND VAN GEBED

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 WAAR DIE WINDE WAAI 2 August 2020 Jean Marais Kyk Nou
2 WAT KAN ONS DOEN SODAT ALLES KAN VERANDER? 26 July 2020 Andries Enslin Kyk Nou
3 SOOS IN DIE HEMEL 19 July 2020 Jean Marais Kyk Nou
4 GEBED GEBEUR IN DIE LEWE 12 July 2020 Stephan Joubert Kyk Nou
5 KOM ONS WEN DIE OORLOG 5 July 2020 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media