JESUS SE HART LEK LIEFDE

2 July 2018
Video Klank Opname Preek Notas

JESUS SE HART LEK LIEFDE

Toe breek Jesus se hart vir ’n melaatse: Markus 1:40-42

Dis alles Grieks: “splagnitsomai.” Jesus se medelye laat Hom uitreik na die onreine. Diep medelye beweeg Jesus elke keer

Toe smelt Jesus se hart vir ’n skare: Matteus 9:35-38; 14:14

Jesus se omgee maak sy hand oop vir hongeriges en herderloses. En Hy help hulle

Blindes se donkerte en verwerping kom tot ’n einde: Matteus 20:29-34

Wanneer blindes uitroep na Jesus, breek sy hart vir hulle. Hulle sien en volg

God se omgee hart breek vir sondaars: Lukas 15:20-24

Jesus vertel van God se hart wat liefde lek. As die Vader van die verlore seun, breek sy hart as Hy sy droogmaker-kind sien wat terugkeer. God se liefde maak dat Hy sy kind tegemoet hardloop en met oop arms terugneem. Nou is dit feestyd

Lukas 10:25-37: Wanneer God se hart in Jesus se dissipels se binneste klop

Die priester en leviet stap verby die man wat onder die rowers verval het. Hulle “godsdiens” isoleer hulle van hulp. Die Samaritaan se hart breek. Hy steek die straat oor; deel sy lewensmiddele, geld en ook sy lewe met ’n vreemdeling. Dit gebeur as Jesus se hart in ons binneste begin klop

Alle preke in die reeks: Jesus se hart lek liefde

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 JESUS SE HART LEK LIEFDE 2 July 2018 Stephan Joubert Kyk Nou

Deel aan sosiale media