Video Preek Notas

KORT OPSOMMING

 

  • Die Antichris is nog nie geopenbaar nie, want die Heilige Gees in jou en in die kerk hou hom terug.
  • Die gees van die Antichris is aan die werk en ons sien sy werk in die gees van die vier perde van Openbaring.
  • Die Wit perd: Wêreldleierskap wat bedrieg en mislei.
  • Die Rooi perd: Verdeeldheid tussen mense regoor die wêreld.
  • Die Swart perd: Ekonomiese ineenstorting en beheer oor die mensdom.
  • Die Vaal perd: Uitwissing van ‘n kwart van die mensdom.

 

Jeremia 12:5As jy moeg raak om teen mense te hardloop, hoe gaan jy ooit teen perde kan meeding?”

 

JESUS LEER ONS OOR DIE EINDTYD

 

Matteus 25:1-13 (NLV) “In daardie tyd sal dit met die koninkryk van God gaan soos met tien meisies wat met hulle lampe die bruidegom gaan inwag het. Vyf van hulle was dwaas, maar die ander vyf was verstandig. Die vyf dwase meisies het wel hulle lampe saamgeneem, maar geen ekstra olie nie. Die ander vyf daarenteen was verstandig genoeg om, afgesien van hulle lampe, ook nog ekstra olie in houers saam te vat. Toe die bruidegom lank wegbly, het almal vaak geword en aan die slaap geraak. Dit was al teen middernag toe ’n geroep hulle wakker maak: ‘Hier kom die bruidegom! Gaan verwelkom hom!’ “Daarop het al die meisies opgespring en hulle lampe begin regkry. Die dwases vra toe vir die verstandiges: ‘Help ons asseblief met ’n bietjie van julle olie, want ons lampe is aan die doodgaan.’ Maar die verstandiges het geantwoord: ‘Nee, ons kan nie. Daar is nie genoeg vir ons almal nie. Gaan koop liewer vir julle by die winkel.’ “Terwyl die onverstandiges weg was om olie te gaan koop, het die bruidegom opgedaag. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilofsfees en die deur van die feesvertrek is gesluit. Later kom die ander meisies toe ook en roep van buite af: ‘Meneer, Meneer, maak asseblief vir ons oop!’ Maar hy het teruggeroep: ‘Ek ken julle glad nie!’ “Wees dus altyd wakker en gereed, want julle ken nie die presiese datum of tyd van my koms nie.”

 

HOE KAN JY ALTYD GEREED WEES?

 

1 Tessalonisense 5:12-16 (NLV) Broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon. Leef in vrede met mekaar. Broers en susters, ons druk julle dit op die hart: Wys die leeglêers tereg, praat die kleinmoediges moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal. Kyk dat niemand weerwraak neem nie, maar streef eerder altyd die goeie na – vir mekaar en vir alle mense. Wees altyd vol blydskap.

 

  1. BLY IN DIE KERK 

2 Timoteus 4:1-4 (NLV) Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.

 

  1. BLY BETROKKE IN ‘N BEDIENING 

1 Tessalonisense 5:14 (NLV) Broers en susters, ons druk julle dit op die hart: Wys die leeglêers tereg, praat die kleinmoediges moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal.

 

 

 

Alle preke in die reeks: HARDLOOP SAAM MET DIE PERDE

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 WAT SÊ JESUS OOR DIE EINDE? 20 September 2020 Andries Enslin Kyk Nou
2 JY MOET ALTYD GEREED WEES 13 September 2020 Andries Enslin Kyk Nou
3 OEFEN TEEN DIE ROOI PERD 5 September 2020 Jean Marais Kyk Nou
4 IS DIT DIE BEGIN VAN DIE EINDE? 30 August 2020 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media