Video Preek Notas

 

DIE BOEK HANDELINGE WYS ONS DIE KRAG VAN GEBED

 

Handelinge 3:1-6 (NLV) Petrus en Johannes was een middag op pad tempel toe. Dit was drie-uur, die gebedstyd. Net tóé word daar ’n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Mense het hom daagliks laat sit by die tempelpoort wat as Mooipoort bekend staan, om by die tempelgangers te bedel. Petrus en Johannes wou net in die tempel ingaan, toe hy hulle sien en ’n bydrae by hulle vra. Petrus kyk hom toe saam met Johannes stip aan, en sê: “Kyk na ons!” Die verlamde man kyk toe na hulle in die verwagting dat hy ’n bydrae gaan kry. Maar Petrus sê: “Geld het ek nie. Maar wat ek het, dít gee ek vir jou: Op gesag van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

 

Hebreërs 12:25-28 (NLV) Pas op dat julle Hom wat met julle praat, nie ignoreer nie. As die Israeliete nie ongestraf kon wegkom toe hulle Hom wat sy stem op aarde laat hoor het, afgewys het nie, hoeveel minder sal ons kan wegkom as ons die stem uit die hemel afwys! Destyds het God se stem van Sinaiberg af die aarde geskud. Maar nou kondig Hy aan: “Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien.

 

WAT AS DIE GESKUD NIE KLAAR IS NIE?

Kan jy so bid?

 

HOE WEN JY DIE OORLOG?

 

Handelinge 3:1 (OAV) En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur (of drie-uur die middag).

 

SIEKTE VAN VERLAMMING

 

Hebreërs 12:12-13 (NLV) Versterk daarom daardie hande wat slap geword het en die knieë wat knak, en maak julle hardloopbane reguit. Dan sal die lam ledemate nie ingee nie, maar eerder beter word.

 

DIT IS NET DEUR GEBED DAT ONS KAN OPSTAAN EN WEN

 

Markus 9:28-29 (NLV) Later, toe Jesus in die huis was, het sy dissipels Hom persoonlik kom vra: “Waarom kon ons nie daardie onrein gees uitdryf nie?” Waarop Hy hulle geantwoord het: “Hierdie soort kan net deur gebed uitgedryf word.”

 

 

Alle preke in die reeks: MAAND VAN GEBED

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 WAAR DIE WINDE WAAI 2 August 2020 Jean Marais Kyk Nou
2 WAT KAN ONS DOEN SODAT ALLES KAN VERANDER? 26 July 2020 Andries Enslin Kyk Nou
3 SOOS IN DIE HEMEL 19 July 2020 Jean Marais Kyk Nou
4 GEBED GEBEUR IN DIE LEWE 12 July 2020 Stephan Joubert Kyk Nou
5 KOM ONS WEN DIE OORLOG 5 July 2020 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media