Video Klank Opname Preek Notas

 

Genesis 3:1-11 (DB) Van al die wilde diere wat die Here God gemaak het, was die slang die skelmste en agterbaksste. Op ’n dag probeer hy die vrou uitoorlê deur vir haar te sê: “Ek hoor julle mag nie van die bome in die tuin eet nie. God het glo vir julle so gesê, of hoe?” “Nee,” het die vrou die slang vinnig in die rede geval, “ons mag van al die bome in die tuin eet. Dit is net van daardie boom in die middel van die tuin waarvan ons nie mag eet nie. God het uitdruklik gesê: ‘Moenie daarvan eet nie. Moenie eers daaraan raak nie. As dit gebeur, sal julle doodgaan.’” Die slang het egter gesê: “Onsin! Julle sal g’n doodgaan nie. God is net bang. Hy weet as julle daarvan eet, sal julle oë oopgaan en sal julle soos Hy word. Julle sal dan goed en kwaad uit mekaar kan ken.” Die vrou begin toe twyfel. Sy kyk na die boom en sien hoe mooi dit is en hoe lekker die vrugte lyk. As sy daarvan eet, sou sy baie dinge te wete kom. Versigtig steek sy toe haar hand na die vrug uit. Sy pluk dit en begin eet. Sy pluk nog een en gee dit vir haar man. Hy het dit ook geëet. Skielik het hulle oë oopgegaan. Vir die eerste keer ontdek hulle hulle is kaal. Skaam-skaam gryp hulle toe ’n paar vyeblare, werk dit aan mekaar vas en maak vir hulle klere. Teen sononder se kant het die Here God in die tuin rondgeloop. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?” Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.” Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?”

Genesis 3:22-23 (DB) Toe het God gesê: “Die mens het amper soos Ons geword. Hy weet nou wat die verskil tussen goed en kwaad is. Nou moet hy net nie ook nog die vrugte van die boom van die lewe eet nie, want dan leef hy vir altyd.” Daarom het God hom uit die tuin van Eden weggejaag. Hulle moes elders die grond gaan bewerk, dieselfde grond waaruit hulle gemaak is. Nadat hulle uit die tuin weg is, het die Here God engele met vlammende swaarde aan die oostekant van die tuin van Eden geplaas. Hulle moes die boom oppas wat vir altyd lewe gee.

  • Adam en Eva kon van al die bome eet – hoekom die boom van kennis van goed en kwaad?
  • Die Boom van die lewe is al wat hulle nodig gehad het.
  • Ons is gevange in die spasie tussen twee bome.
  • Kennis van goed en kwaad trek die verantwoordelikheid van lewe terug na my toe.
  • Ons keuses beïnvloed ons selfwaarde – anders as God.
  • Ongehoorsaamheid raak die wortel van sonde.
  • God is genadig vir hulle dat hulle nie van die Boom van die lewe kan eet nie.
  • Jesus kom en word ons Boom van die lewe.

 

Romeine 8:14 (OAV) Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is waarlik kinders van God.

 

Nou leef ek nie meer uit wat vir my goed lyk nie, maar dit wat God sê.

 

Johannes 15:5 (OAV) Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

 

Ons is vandag nog voor dieselfde keuses wat Adam en Eva was: Gaan ek eet van die Boom van die lewe, of my eie ou natuur voed met dooie werke van goed en kwaad?

Alle preke in die reeks: DIE LEWE TUSSEN TWEE TUINE

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 TUSSEN ADAM EN DIE DOOIE SEE 24 February 2020 Andries Enslin Kyk Nou
2 DIE LEWE TUSSEN TWEE DESEMBERS 18 February 2020 Jean Marais Kyk Nou
3 ALLEEN 4 February 2020 Jean Marais Kyk Nou
4 DIE STRYD VAN SONDE TUSSEN DIE TUINE 26 January 2020 Andries Enslin Kyk Nou
5 Tussen twee bome 19 January 2020 Jean Marais Kyk Nou
6 DIE LEWE TUSSEN TWEE TUINE 13 January 2020 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media