VYF SKAKERINGS VAN VREUGDE IN DIE NUWE TESTAMENT

6 October 2019
Video Klank Opname Preek Notas

Daar is vyf Griekse woorde in die Nuwe Testament wat gebruik word vir vreugde en elkeen dui op ‘n ander soort vreugde.

 

  1. Makarios – Baie gelukkig, baie geseënd voor God: Matteus 5

 

  1. Chara – Vreugdevol in die Here


Romeine 14:17 (NAV)
Die koninkryk van God is nie ‘n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.

 

  1. Chairō – ‘n Innerlike ingesteldheid van vreugde in alle omstandighede

Filippense 4:4 (NAV) Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

 

Kolossense 1:24 (NAV) Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie. Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk, …

 

  1. Agalliaō – Om baie groot blydskap te ervaar en dit hoorbaar en sigbaar uit te druk

 

1 Petrus 1:6-8 (NAV) Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is.

 

  1. Sungchairō – Om saam met ander bly te wees

 

Lukas 15:3-10 (NAV) Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.” “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

 

 

Alle preke in die reeks: Los Preke

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 VYF SKAKERINGS VAN VREUGDE IN DIE NUWE TESTAMENT 6 October 2019 Stephan Joubert Kyk Nou
2 Veldbrand 19 September 2019 Jean Marais Kyk Nou
3 LOOP EN LEEF VOLSPOED AGTER JESUS AAN 18 August 2019 Stephan Joubert Kyk Nou
4 JEREMIA SE WOORDE AAN ONS 11 August 2019 Andries Enslin Kyk Nou
5 WAT WIL JY REGTIG HÊ? 4 August 2019 Andries Enslin Kyk Nou
6 RUIL/VERVANG JOU TYD MET GOD SE TYD 28 July 2019 Stephan Joubert Kyk Nou
7 LEER KEN DIE GOD VAN PS. 103 (DEEL 2) 21 July 2019 Andries Enslin Kyk Nou
8 LEER KEN DIE GOD VAN PS. 103 14 July 2019 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media