WAAR DIE WINDE WAAI

2 August 2020
Video Preek Notas

 

WAAR DIE WINDE WAAI

 

Seisoen van wind
Augustus is windmaand
Vrystaat mislike stofstorms – straatligte in dag – dit word vroeg donker

Wind is soms moeilik

Fiets ry teen die wind

 

Wind is deel van die lewe. Wind bring verandering.

Dit is nou die draai van die seisoen.

 

  • Werk lyk anders
  • Skool lyk anders
  • Kuier lyk anders
  • Kerk lyk anders
  • Sport lyk anders

 

ONS IS KINDERS VAN DIE WIND

 

Johannes 3:8 (OAV) “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

 

Wanneer ons gered is, word ons gewaai deur ’n ander wind.

Ons kry ons:

  • energie;
  • dryfkrag; en
  • rigting van die wind van God.

 

Ons speel met ander reëls.

 

ONS WIND, IS WIND VAN GELOOF

 

Die vyand van ons lewe in geloof, is twyfel.

Vrees en twyfel maak ons passief.

 

Hebreërs 11:6 (OAV) As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

 

AS TOETSE EN WINDE KOM

 

Jakobus 1:2-3 (DB) My liewe mede-Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees. Die slegte dinge wat met julle gebeur, toets of julle werklik die Here vertrou. As dit met julle sleg gaan, leer julle juis om nader aan die Here te leef.

 

WINDE KOM EN GOD KAN DIT AS ’N TOETS GEBRUIK

 

Jakobus 1:4 (DB) Julle moet die Here toelaat om julle deur hierdie dinge te leer wat dit beteken om altyd net op Hom te vertrou, kom wat wil. So sal julle geestelike grootmense word wat weet hoe om in elke situasie reg op te tree.

 

Belangrik: God is nie die outeur van dit nie, maar gebruik dit.

 

Jakobus 1:13 (DB) Een fout moet ons egter nie maak nie. Ek kan nie sê dat God die Een is wat al die slegte dinge oor my bring net om my te toets nie. Met sulke speletjies hou God Hom nie op nie. Dit is nie asof die een of ander bose mag God aan sulke toetse kan onderwerp of dat God mense daaraan onderwerp nie.

 

DIT IS DEEL VAN ONS GROEIPROSES

 

Jakobus 1:5 (DB) As julle egter in ’n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om te doen, gaan vra vir God. Hy sal nie snaaks van julle dink of julle verwyt omdat julle onseker is hoe om vir Hom te leef nie. Hy sal julle eerder help met alles wat julle nodig het. Gaan vra; Hy sal gee.

 

DIT VAT ONS JUIS TERUG NA GOD TOE VIR WYSHEID

 

Jakobus 1:6-8 (DB) Maar een ding moet julle dan nie doen nie. Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie. Verwag en weet vir seker dat Hy sal help. Mense wat twyfel of God regtig na hulle sal luister, is soos golwe op die see. Die wind waai daardie golf heen en weer. Die een oomblik sien jy dit en die volgende oomblik is dit weg. Dit is ’n goeie voorbeeld van iets wat g’n koers of sekerheid het nie. Dié voorbeeld pas by iemand wat gedurig twyfel of die Here hom regtig gaan help. Vir so iemand sal die Here nie veel beteken nie, want nes hy gebid het dat die Here hom moet help, swaai hy om en sê dat dit nie kan of sal gebeur nie. En wat help dit?

 

Mens wat twyfel vra God, maar gaan soek dan ook ander raad.

 

PASOP NA WIE JY LUISTER

 

Jakous 1:12 (DB) Die Here gebruik slegte of moeilike dinge in ons lewe om te kyk of ons lojaal aan Hom gaan bly. Ware geluk is om dié toets met vlieënde vaandels te slaag. God noem sulke mense wenners in die lewe. Hy sal hulle deel van sy familie maak. Hulle sal vir altyd by God kan bly omdat hulle deur hulle optrede gewys het hoe lief hulle Hom het.

 

Wil jy wen in die lewe?

  • Bly by God
  • Vra vir wysheid
  • Doen wat Hy sê

 

Dan raak die wind nie, ’n probleem nie, maar ’n geleentheid!

 

OOG VAN DIE STORM

 

1 Konings 19:11

 

Elia – Storm van vervolging

  • Wind wat berge breek
  • Aardbewings
  • Vuur
  • Stilte – Stem wat fluister

 

Ons kan beweeg in die oog van die storm en God se stem hoor.

 

Psalm 46:11a (DB) Wees stil en weet Ek is God. Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde.

Alle preke in die reeks: MAAND VAN GEBED

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 WAAR DIE WINDE WAAI 2 August 2020 Jean Marais Kyk Nou
2 WAT KAN ONS DOEN SODAT ALLES KAN VERANDER? 26 July 2020 Andries Enslin Kyk Nou
3 SOOS IN DIE HEMEL 19 July 2020 Jean Marais Kyk Nou
4 GEBED GEBEUR IN DIE LEWE 12 July 2020 Stephan Joubert Kyk Nou
5 KOM ONS WEN DIE OORLOG 5 July 2020 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media