Wagtyd is storietyd

13 May 2018
Video Klank Opname Preek Notas

WAGTYD IS STORIETYD

HET JY DIE KRAG REEKS?

WAT DOEN JY VIR TIEN DAE SAAM?

Na hierdie gebeure het die apostels van die Olyfberg af na Jerusalem toe teruggestap, ’n afstand van net onder ’n kilometer. Hulle is toe na die bovertrek toe waar hulle tuisgegaan het. Die volgende persone was daar: Petrus, Johannes, Jakobus, Andreas, Filippus, Tomas, Bartolomeus, Matteus, Jakobus (seun van Alfeus), Simon die Yweraar, en Judas (seun van Jakobus). Hulle het almal saam aanhou bid. Maria, Jesus se ma, ander vroue en Jesus se broers was ook by. In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van sowat 120 gelowiges. Petrus het tussen hulle opgestaan en gesê: … Handelinge 1:12-15 (NLV)

Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam.
Handelinge 2:1 (NLV)

BID, VAS EN VERTEL STORIES VAN JESUS SE KRAG

  • Stories van voorsiening
  • Stories van genesing
  • Stories van bevryding
  • Stories van wysheid
  • Stories van liefde

DIE VROUE EN PINKSTER

Die Joodse geleerdes en die Fariseërs kom toe met ’n vrou daar aan. Sy is gevang toe sy seksueel ontrou was aan haar man. Hulle laat haar toe tussen die mense staan sodat almal haar kon sien. Hulle sê toe vir Jesus: “Jy is mos die hele tyd besig om mense te vertel wat hulle moet doen. Nou ja, ons het hierdie vrou op heterdaad betrap toe sy by ’n man geslaap het wat nie haar eie is nie. Moses se wet vertel vir ons presies wat ons met so ’n vrou moet maak: sy moet dood! Met klippe moet ons die laaste asem uit haar uitgooi. Maar sê jy nou ’n bietjie vir ons: Wat dink jy moet ons met die vrou maak?” Die Joodse geleerdes wou egter nie regtig hoor wat Jesus dink nie. Hulle het Hom dit maar net gevra om Hom in die moeilikheid te probeer bring. Hulle het gehoop Hy sou sy mond verbypraat en iets sê waaroor hulle Hom voor die hof kon sleep. Maar Jesus was te uitgeslape vir hulle. Net daar waar Hy gesit het, het Hy vooroor gebuig en met sy vinger iets in die grond geskryf. Die Joodse geleerdes het egter aangehou neul. Uiteindelik kyk Jesus op en sê vir hulle: “Nou goed, gaan maar aan. Julle weet skynbaar wat om te doen. Maar daar is een voorwaarde: die een van julle wat nog nooit aan God ongehoorsaam was nie, moet die leiding neem. Hy moet eerste ’n klip optel en haar daarmee gooi.” Weer het Jesus vooroor gebuig en iets in die grond geskryf. Daar staan die Joodse geleerdes toe met ’n mond vol tande. Hulle het nie geweet wat om te doen of te sê nie. Een vir een het hulle toe maar weer tussen die mense in verdwyn. Die belangrikstes het eerste gemaak dat hulle wegkom. Hulle het die vrou net daar by Jesus gelos. Jesus kyk toe weer op en sê vir haar: “En nou? Waar is al daardie mense? Kon niemand so ver kom om ’n klip op jou te gooi nie?” “Nie eens een nie, Here,” kom die antwoord. Jesus sê toe: “Ek gaan ook nie. Gaan gerus, maar ook vir jou is daar ’n voorwaarde: gaan stel nou vir daardie mense ’n voorbeeld hoe om gehoorsaam aan God te leef.” Johannes 8:3-11 (DB)

Alle preke in die reeks: Het jy die krag? Reeks

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 Hoekom nie? 3 June 2018 Andries Enslin Kyk Nou
2 Wanneer ons God se Aardse adres word 27 May 2018 Stephan Joubert Kyk Nou
3 Doop met Goddelike liefde 20 May 2018 Andries Enslin Kyk Nou
4 Wagtyd is storietyd 13 May 2018 Andries Enslin Kyk Nou
5 Verwag Hom 6 May 2018 Andries Enslin Kyk Nou
6 Krag wat beweeg 29 April 2018 Jean Marais Kyk Nou
7 Wat is krag? 22 April 2018 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media