WAT IS ‘N NUWE DROOM?

7 July 2019
Video Klank Opname Preek Notas

JESUS SE 40 DAE SAAM MET SY DISSIPELS

 

Handelinge 1:3-8 (NLV) In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat. ’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee: “Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra: “Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak?” “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.”

 

Johannes 20:19-23 (NLV) Gedurende die vroeë aand, op daardie Sondag, terwyl die deure uit vrees vir die Jode gesluit was, het Jesus se dissipels bymekaargekom. Jesus het tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy aan hulle. Die dissipels was baie opgewonde om die Here te sien. “Vrede vir julle!” sê Jesus weer ’n keer. “Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat Jesus dit gesê het, het Hy oor hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang die Heilige Gees! Wie se sondes julle ook al vergewe, God vergewe hulle dit; wie s’n julle ook al handhaaf, God handhaaf dit.”

 

HOE LYK ‘N NUWE DROOM?

 

Lukas 1:34-35 (DB) Maria vra toe benoud vir Gabriël: “Maar hoe is so iets moontlik? Ek het nog nooit eens by ’n man geslaap nie.” Daarop antwoord hy: “Moenie jou bekommer nie. Die Heilige Gees sal hiervoor sorg. Die Allerhoogste se krag sal ’n Kind in jou verwek. Hierdie Kind wat van God af kom, sal die Heilige genoem word, die Seun van God.”

 

Johannes 16:12-15 (NLV) “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie. Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel. Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel.’”

 

HOE HELP DIE HEILIGE GEES JOU?

 

  1. Vrug van die Gees

Galasiërs 5:22-23a (NLV) Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.

 

  1. Gawes van die Gees

 

1 Korintiërs 12:4-7 (NLV) Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer. Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel.

 

JESUS IS DIE NUWE DROOM EN ANTWOORD OP AL DIE VRAE VAN DIE WÊRELD

Alle preke in die reeks: 40 Dae tot nuwe drome

# Preek Titel Datum Prediker MEER
1 WAT IS ‘N NUWE DROOM? 7 July 2019 Andries Enslin Kyk Nou
2 HOE ONTVANG JY DIE HEILIGE GEES? Andries Enslin – 9 Junie 2019 9 June 2019 Andries Enslin Kyk Nou
3 Hoe wag jy tien dae? 2 June 2019 Andries Enslin Kyk Nou
4 Die Koninkryk is moeilik, maar lekker 26 May 2019 Andries Enslin Kyk Nou
5 DIE KONINKRYK IS GROOT EN KLEIN, ANDRIES ENSLIN 19 May 2019 Andries Enslin Kyk Nou
6 Wat is jou Israel?, Andries Enslin 12 May 2019 Andries Enslin Kyk Nou
7 ‘N BELOFTE IS DIE SLEUTEL TOT ‘N NUWE DROOM 29 April 2019 Andries Enslin Kyk Nou

Deel aan sosiale media