Preke2017-11-15T09:22:00+00:00
  • Nuutste Preek

    VROUE VAN KERSFEES: BATSEBA

     

Sien asb hier onder vir al ons preke wat gegroepeer is per reeks met die nuutste reeks bo-aan.

4 Preke in die Reeks
04 Dec 2016 - 25 Dec 2016

Leer ken die ware Immanuel Reeks

Die manier hoe ons Jesus beskou is soms eensydig wat 'n verwronge beeld van Jesus en Sy werke hier op aarde kan skep. Jy kruisig nie iemand waarvan jy hou nie, en tog kan ons 'n prent van Jesus voor hou dat almal van Hom gehou het.

Sien al die Preke in die Reeks
3 Preke in die Reeks
06 Nov 2016 - 20 Nov 2016

Verpersoonlik Jesus se woorde Reeks

Om Jesus se woorde te verpersoonlik is 'n wonderlike manier om Bybelstudie te doen. In hierdie 3-weke reeks help ons jou om hierdie metode van Bybelstudie nuwe momentum in jou lewe te gee.

Sien al die Preke in die Reeks
4 Preke in die Reeks
30 Oct 2016 - 20 Nov 2016

God kom kuier Reeks

God het met die Jesus se koms na die aarde toe Sy intens begeerte om naby aan my en jou uitgespreek. Hy wil met my en jou kuier! Hierdie reeks handel oor wat ons kan verwag, asook hoe ons tot God nader om sy uitnodiging tot hierdie kuier te aanvaar.

Sien al die Preke in die Reeks
5 Preke in die Reeks
04 Sep 2016 - 25 Sep 2017

Herken die stem van Jesus Reeks

Daar is 'n stem wat lewensverandering kan meebring in jou lewe. Die stem wat die begeerte van 'n God verklap op in jou nuwe drome en waarhede wakker te maak. Kan jy Jesus se stem herken? Hierdie reeks is gemik daarop jou weer in te stel om Sy stem te herken.

Sien al die Preke in die Reeks
2 Preke in die Reeks
02 Oct 2016 - 09 Oct 2016

Sink jy of loop jy? Reeks

Jesus wil hê ons moet in geloof saam met Hom op die water loop. Beleef jy tans dat geloof jou toelaat om saam met Jesus op die water te loop of is jy besig om te sink? Mag hierdie reeks weer in jou die hoop stig dat Jesus jou bekragtig om wel op die water te loop saam met hom!

Sien al die Preke in die Reeks
7 Preke in die Reeks
07 Aug 2016 - 25 Sep 2016

(Un)qualified Reeks

Word jy gereeld herinner aan jou tekortkominge? Voel dit vir jou asof jy nie gekwalifiseerd is vir hierdie lewe nie? In hierdie reeks kyk ons na 'n boek van Pastoor Steven Furtick, (Un)Qualified, wat handel oor hoe die Here se uitspraak oor jou en my ons in 'n nuwe lig stel.

Sien al die Preke in die Reeks