Sien asb hier onder vir al ons preke wat gegroepeer is per reeks met die nuutste reeks bo-aan.

Heilige Gees Reeks
Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit.

So eet ek 'n Olifant Reeks
Gebeurtenisse in ons lewe voel soms soos 'n Olifant wat regstaan om ons te verpletter. Daar is wel 'n manier hoe ons hierdie Olifante uit ons lewens kan ruim en die vryheid van oorwinning beleef.

Hoe bid ek vir...? Reeks
'n Studie bewys dat gebed in breë trekke een van die geestelike dissiplines is wat die meeste gebruik word deur gelowiges en ongelowiges. Tog beleef ons as mens gereeld die gevoel dat ons gebede nie in-lyn is met God se wil nie. Hierdie reeks gaan jou gebedslewe verryk soos wat jy leer hoe om te bid vir...

Monoloog Reeks
Ons beleef soms hoe ons geloofsverhouding teenoor God 'n monoloog is. Vrae en versoeke sonder enige antwoord. 'n Monoloog is wel nie wat God in gedagte gehad het wanneer dit kom tot Sy verhouding met die mensdom nie. God Praat. Luister Jy?

Jesus maak nuttelose mense nuttig
Stephan Joubert bring 'n boodskap van hoop vir die van ons wat vasgevang is in 'n persepsie dat hulle nutteloos is vir mense en vir die Here. Jesus het 'n ander uitspraak oor my en jou.

Wat's die punt? Reeks
Soms los lewe of omstandighede ons met die vraag; Wat's die punt? Alhoewel ons betwyfeling in ons geloof beleef hoef dit nie die finale uitspraak te wees nie. Hoe wat jy die eerste stap verby die punt?

Leer ken die ware Immanuel Reeks
Die manier hoe ons Jesus beskou is soms eensydig wat 'n verwronge beeld van Jesus en Sy werke hier op aarde kan skep. Jy kruisig nie iemand waarvan jy hou nie, en tog kan ons 'n prent van Jesus voor hou dat almal van Hom gehou het.

Verpersoonlik Jesus se woorde Reeks
Om Jesus se woorde te verpersoonlik is 'n wonderlike manier om Bybelstudie te doen. In hierdie 3-weke reeks help ons jou om hierdie metode van Bybelstudie nuwe momentum in jou lewe te gee.

God kom kuier Reeks
God het met die Jesus se koms na die aarde toe Sy intens begeerte om naby aan my en jou uitgespreek. Hy wil met my en jou kuier! Hierdie reeks handel oor wat ons kan verwag, asook hoe ons tot God nader om sy uitnodiging tot hierdie kuier te aanvaar.