{"id":1543,"date":"2018-03-01T09:24:32","date_gmt":"2018-03-01T07:24:32","guid":{"rendered":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/?p=1543"},"modified":"2018-03-01T09:25:13","modified_gmt":"2018-03-01T07:25:13","slug":"hoekom-sing-ons","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/2018\/03\/01\/hoekom-sing-ons\/","title":{"rendered":"Hoekom sing ons?"},"content":{"rendered":"<p>Reg deur die Bybel word ons aangemoedig om te sing tot eer van die Here. Dit is meer as dit, dit is nie net \u2018n opsionele ietsie nie. Dit is meer soos \u2018n bevel of \u2018n baie sterk aanmoediging!<\/p>\n<p><em> &#8220;<\/em><em>Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.&#8221; Kolossense 3:16<br \/>\n<\/em><\/p>\n<p>&#8220;Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here&#8230;&#8221; Efesi\u00ebrs 5:19<\/p>\n<p>Hoekom\u00a0 is daar so \u2018n ho\u00eb premie op sang?<\/p>\n<p>Musiek en melodie het \u2018n baie misterieuse uitwerking. Musiek het die vermo\u00eb om \u2018n groot impak op jou emosies te h\u00ea. Dink sommer \u2018n bietjie aan \u2018n paar films: Daardie riller met die senutergende musiek, of die romantiese film wat trane laat opwel. Niks van di\u00e9 belewenisse sou kon gebeur sonder musiek nie. As musiek en woorde meng, het dit \u2018n radikale impak. Eerstens veroorsaak musiek dat jy lang paragrawe woorde sommer net kan onthou. Dink aan jou gunsteling liedjies wat jy op ipod, radio of DVD\u2019s saamsing. Hoe moeilik sou dit wees om al daardie woorde uit jou kop te leer sonder musiek. Met musiek is dit kinderspeletjies.<\/p>\n<p>Nou verstaan ons die aangehaalde skrifte beter. God wil h\u00ea dat ons Hom in ons sang aanbid, maar dat ons ook opgebou word deur Sy woord wat ons sing. So word ons gedagtes en emosies getransformeer om gelykvormig te word aan SY gedagtes en woord.<\/p>\n<p>Laastens is dit ook proklamasies wat ek maak. Daar is \u2018n groot verskil tussen die woord net te hoor, of om die woord te hoor en te bely. (met jou eie mond te spreek.) My belydenis het groot krag. So wanneer ek die woord van God sing, het dit skeppingskrag in my lewe. (Spreuke 18:21)<\/p>\n<p>Dus is sang \u2018n kardinale deel van die kind van God se lewe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Reg deur die Bybel word ons aangemoedig om te sing [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":1547,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[61,1],"tags":[],"class_list":["post-1543","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-musiek","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1543"}],"collection":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1543"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1543\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1545,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1543\/revisions\/1545"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1547"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1543"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1543"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1543"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}