{"id":899,"date":"2017-11-23T12:50:43","date_gmt":"2017-11-23T10:50:43","guid":{"rendered":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/?p=899"},"modified":"2018-03-01T09:15:41","modified_gmt":"2018-03-01T07:15:41","slug":"musiek-artikel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/2017\/11\/23\/musiek-artikel-1\/","title":{"rendered":"Moet ons God aanbid?"},"content":{"rendered":"<p>\u201cMoet ons God loof en aanbid? Is Hy \u2018n diktator wat mense dwing om hom te aanbid?\u201d<\/p>\n<p>Dit is die uitgangspunt van baie mense wat God nie ken nie. Die waarheid is dat aanbidding nooit afgedwing kan word nie. Kom ons vat \u2018n liefdesverhouding as \u2018n voorbeeld. \u2018n Vrou kan nie \u2018n man dwing om haar lief te h\u00ea, mooi goed van haar te s\u00ea, blomme te koop en gediggies te skryf nie. Dis tog verregaande! Maar iets gebeur wanneer iemand verlief is. Niemand hoef so man te dwing nie. Dit kom sommer van self! Hy aanbid die grond waarop sy loop.<\/p>\n<p>En dit is dieselfde met aanbidding teenoor God. Is Hy waardig? Vir seker! Openbaring 4:11 leer vir ons dat Hy alles geskape het en dat ons deur en vir Sy wil geskape is. Die NLT-vertaling vertaal dit as <em>dat ons vir Sy PLESIER geskape is<\/em>.<\/p>\n<p>Maar selfs al verdien iemand om aanbid te word, kan dit nie afgedwing word nie. Liefde kan slegs VERDIEN word. God het dit verstaan. Hy kon ons DWING, maar dan was ons slegs \u2018n klomp robotte sonder \u2018n wil. En dit was God se grootste risiko toe Hy ons geskape het: \u2018n vrye wil. Hy wou h\u00ea ons moet SELF KIES om Hom lief te h\u00ea en te aanbid omdat ons REAGEER op Sy liefde vir ons.<\/p>\n<p>Daarom het hy die uiterste prys betaal, deur vir ons te sterf terwyl ons nog sy vyande was en sy liefde te bewys en ons los te koop van die slawerny en vernietiging van sonde.<\/p>\n<p>Wanneer jy daardie gewaarwording kry en sy liefdesoffer sien, kan jy nie anders as om verslae te staan oor wat hy gedoen het nie. Dan is die enigste reaksie: Dankie! Dankie! Dankie! Vir ewig en ewig.<\/p>\n<p>Dus is die vraag nie: \u201cMoet ek God aanbid?\u201d nie, maar eerder: \u201cHoe kan jy Hom nie aanbid nie?\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cMoet ons God loof en aanbid? Is Hy \u2018n diktator [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":134,"featured_media":1549,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[61],"tags":[],"class_list":["post-899","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-musiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/899"}],"collection":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/users\/134"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=899"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/899\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1550,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/899\/revisions\/1550"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1549"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=899"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=899"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/lewensentrum.org.za\/alberton\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=899"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}