Ons Geskiedenis

LewenSentrum Gemeente het ontstaan met die openingsdiens van Alberton LewenSentrum op 10 Oktober 1999. Dit was die geboorte van ‘n nuwe gemeente onder die leiding van pastoor Andries Enslin. Andries Enslin se oorsprong as pastoor is van die AGS-gemeente. Vroeg na Andries se bekering het die begeerte in sy hart ontstaan om ʼn gemeente te begin. Die gemeente se fokus sou wees om mense met praktiese woord te bedien in hulle soeke om God en mens liewer te hê. Deur God se genade het Alberton LewenSentrum gegaan van ‘n kleingroep tot ‘n gevestigde gemeente van duisende. Alhoewel ons-onsself as ‘n interkerklike onafhanklike gemeente sien werk ons graag saam ander gemeentes en instansies om ‘n verskil in mense se lewens mee te bring. Ons bedieningsfilosofie is een van ‘n middelweg tussen tradisioneel en charismatiese gemeentes in Afrikaans. Die klem van ons byeenkomste is een waar jy welkom voel maar tog gekonfronteer word met ‘n praktiese woord oor die waarheid van Christus. Soos ons beleef God voeg by tot ons as gemeente het die geleentheid ontstaan om ook ons filosofie te vermenigvuldig in die vorm van gemeentes en verskeie digitale platforms. Hierdie groei het ons tot die punt gebring waar Alberton LewenSentrum groei na LewenSentrum Gemeente Alberton en In.kerk. Hierdie verskeie gemeentes neem dieselfde bedieningsfilosofie te harte en is dus gefokus om mense te help om God en mens liewer te hê daar waar hulle is.

Ons Missie

Ons streef daarna om God se grootste gebod tot die beste van ons vermoë uit te leef

Ons Visie

Ons sien ‘n kerk waar soekers, sowel as gelowiges, toegerus word om totaal toegewyde, Geesvervulde volgelinge van Jesus te word.

Sang / Musiek

Sing liedjies uit beide die Pinkster- en Susterskerkgeledere. Musiek is lewendig en opgewek maar nie oorheersend nie.

Preke

Is prakties en interessant. Gaan oor die alledaagse lewe en is lewenstoepaslik.

Tydsduur

Dienste word beplan om in 75 minute klaar te wees. Respekteer mense se tyd en privaatheid.

Werking van die Heilige Gees

Gawes moet gebruik word tot stigting van gehoor. Alles moet ordelik en professioneel geskied.