Lofprysing is om iemand se lof te besing. Dit beteken om goed te praat van iemand.

Lofprysing is iets wat redelik maklik vloei. Toe Jesus die vrou gered het wat hulle met klippe wou doodgooi omdat sy owerspel gepleeg het, hoef niemand vir haar te gesê het om voor hom neer te val en dankie te sê nie. Sy het dit net vanself gedoen!

Tog is daar sekere riglyne om mense te help. As ‘n jongman, wat nog nooit ‘n meisie gehad het, by jou kom raad vra oor hoe hy moet optree teenoor ‘n meisie waarvan hy hou, sal jy definitief uit ondervinding ‘n paar riglyne kan gee: 1. Praat mooi met haar. 2 Koop vir haar blomme of sjokolade. 3. Maak die motordeur vir haar oop. 4. Sê vir haar hoe jy voel uit jou hart. 5. Sê jy is lief vir haar. Ensovoorts..

Netso is die Bybel vol riglyne oor hoe om God te prys. Ons sal in opvolgende stukke meer oor dit praat, want daar is net te veel inligting vir een stukkie, maar ‘n goeie beginpunt is om solank Psalm 150 aandagtig deur te lees. Dit sal vir jou ‘n goeie fondasie gee van wat lofprysing is.