Wie is ons?

Ons verhaal
LewenSentrum Gemeente het ontstaan met die openingsdiens van Alberton LewenSentrum op 10 Oktober 1999. Dit was die geboorte van ’n nuwe gemeente onder die leiding van pastoor Andries Enslin. Andries Enslin het ’n agtergrond as pastoor in die AGS-gemeente. Kort ná Andries se bekering het die begeerte in sy hart ontstaan om ’n gemeente te begin. Die gemeente se fokus sou wees om mense met ’n praktiese woord te bedien in hulle soeke om God en mens liewer te hê.
Deur God se genade het Alberton LewenSentrum van ’n kleingroep tot ’n gevestigde gemeente van duisende gegroei. Alhoewel ons onsself as ’n interkerklike, onafhanklike gemeente sien, werk ons graag saam met ander gemeentes en instansies om ’n verskil in mense se lewens mee te bring. Ons bedieningsfilosofie volg ’n middeweg tussen tradisionele en charismatiese gemeentes in Afrikaans. Die klem van ons byeenkomste is daarop dat jy welkom voel, maar tog gekonfronteer word met ’n praktiese woord oor die waarheid van Christus.
Namate ons beleef het hoe God ons gemeente laat groei, het die geleentheid ontstaan om ook ons filosofie deur gemeentes en verskeie digitale platforms uit te dra. Hierdie groei het ons tot die punt gebring waar Alberton LewenSentrum uitgebrei het na LewenSentrum Gemeente Alberton en In.kerk. Hierdie gemeentes neem dieselfde bedieningsfilosofie ter harte en is dus daarop gefokus om mense te help om God en mens liewer te hê daar waar hulle is.
Ons missie
Ons streef daarna om God se grootste gebod tot die beste van ons vermoë uit te leef.
Ons visie
Ons droom van ’n gemeente wat homself gee om God en mens liewer te hê. Ons sien ’n kerk waar soekers sowel as gelowiges toegerus word om totaal toegewyde, Geesvervulde volgelinge (TTGV’s) van Jesus te word. Ons naam LewenSentrum praat ook van ons droom om sewe sentrums en verskillende bedieninge en fasiliteite daar te stel wat mense se lewenskwaliteit gaan verbeter. Ons wil ’n sentrum vir totale lewensverandering wees!
“...Hoor, Israel, die Here, onse God, is ’n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” Markus 12:29b-31 (OAV)
Leer ken die span
Hier by LewenSentrum sien ons onsself nie net as spanmaats nie; ons staan saam as ’n familie in Christus.
OM GOD EN MENS LIEWER TE HÊ.

Andries Enslin

Jakkie Van Niekerk

Wynand Laubscher

Mardie Van der Merwe

Morné Kruger

Christelle Van Wyk

Ingrid Laubscher

Lisa Katzke

Chanté van Graan

Willie Coetzee

Francois Fouché

Connie Seekoei

Christopher Sonnenberg

Stefan van Graan


