
LIDMAATSKAP
Hier kan jy meer hoor oor die DNA van LewenSentrum. Ons visie, missie en manier van kerk hou word hier bespreek. Hierdie kursus dien as vereiste vir iemand om as lid van LewenSentrum opgeneem te word. Vir meer inligting kontak Rina by rina@lewensentrum.org

ONTDEK-JOU-PLEK
Wie is jy en waarheen is jy op pad? Dikwels is dit vir ons ’n moeilike vraag om te beantwoord. Is dit nie dalk beter om te vra: “Wie is jy en waarmee is jy besig?” nie? Dit wat ons doen reflekteer tog iets van ons eindbestemming. Tog lyk en voel dit soms asof ons nie lekker weet waar om te begin nie. Ons probeer jou help om jou in die bediening te kry waarvoor jy geroep is. Vir meer inligting kontak Rina rina@lewensentrum.org

HUWELIKSKURSUS
Verlief? Verloof? Ek wil weet wat my maat van my verwag? Baie mense is so gefokus op die troudag, dat hulle heeltemal vergeet van die huwelik self. Ons nooi julle uit om saam met ons om op ses belangrike beginsels te fokus waarin ons daagliks in ritme saam met God kan leef. Vir meer inligting, kontak vir Rina by rina@lewensentrum.org

OUERSKAPSVOORBEREIDING
Is jy ‘n nuwe ouer, of wil jy graag Christelike beginsels oor ouer-wees vasmaak in jou lewe? Hierdie kursus is ‘n moet vir elke ouer. Vir meer inligting kontak Rina rina@lewensentrum.org