LIDMAATSKAP

Hier kan jy meer hoor oor die DNA van LewenSentrum. Ons visie, missie en manier van kerk hou word hier bespreek. Hierdie kursus dien as vereiste vir iemand om as lid van LewenSentrum opgeneem te word. Vir meer inligting kontak Rina by rina@als.org.za

ONTDEK-JOU-PLEK

Wie is jy en waarheen is jy op pad? Dikwels is dit vir ons ’n moeilike vraag om te beantwoord. Is dit nie dalk beter om te vra: “Wie is jy en waarmee is jy besig?” nie? Dit wat ons doen reflekteer tog iets van ons eindbestemming. Tog lyk en voel dit soms asof ons nie lekker weet waar om te begin nie. Ons probeer jou help om jou in die bediening te kry waarvoor jy geroep isVir meer inligting kontak Rina rina@als.org.za

HUWELIKSKURSUS

Verlief? Verloof? Ek wil weet wat my maat van my verwag? Baie mense is so gefokus op die troudag, dat hulle heeltemal vergeet van die huwelik self. Ons nooi julle uit om saam met ons om op ses belangrike beginsels te fokus waarin ons daagliks in ritme saam met God kan leef. Vir meer inligting, kontak vir Rina by rina@als.org.za

OUERSKAPSVOORBEREIDING

Is jy ‘n nuwe ouer, of wil jy graag Christelike beginsels oor ouer-wees vasmaak in jou lewe? Hierdie kursus is ‘n moet vir elke ouer. Vir meer inligting kontak Rina rina@als.org.za

LEWENSENTRUM SKOOL

Om ‘n gelowige te wees beteken om elke dag meer te leer van God, maar ook om meer te leer van die Bybel as die primêre medium waardeer God met ons as gelowiges vandag gesels. Saam met dit moet ons ook leer om ons geloof te leef.

WOORDSKOOL

Die doel met die WOORDSKOOL is om lidmate toe te rus om ‘n beter begrip te vorm oor Bybelse leerstellings binne die dogmatiek en etiek asook die bybelse wetenskappe.

BYBELSKOOL

Die doel met die BYBELSKOOL is om lidmate toe te rus om die Bybel beter te lees, leer en verstaan asook om saam ‘n liefde vir God se Woord te kweek. Tydens die Bybelskole gaan ons per kwartaal ‘n Bybelse boek hanteer en die boek ook in diepte te hanteer.

RITMESKOOL

Almal van ons het ritmes waarmee ons leef. Ons wil graag by Alberton Lewensentrum ons eie ritmes in ritme bring met dié van Jesus soos ons lees in Markus 12:28-31. Die fokus van die RITMESKOOL is om juis te fokus op hierdie 7 Ritmes van Jesus en te vra hoe ons ons eie geloofslewe in Ritme met Jesus kan kry om ‘n dissipel van Jesus te wees in ons alledaagse lewe.

DIMENSIESKOOL

Indien ons as dissipels bewus is van ons eie ritmes in ons lewens, streef om die ritmes van Jesus te leef in ons lewens, dan vlooi hierdie 7 ritmes oor in ons hele menswees in. Soms verval ons egter om Jesus se impak in ons lewens slegs op ‘n geestelike vlak te oefen. By die DIMENSIEKOOL fokus ons op ‘n gesonde en Bybelse verstaan van self liefde: hoe kan ons oefen om Jesus se ritmes in ons hele menswees te laat wortelskiet.