“KIDEAS “ – Ons groei saam

Visie

Ons wil kinderkerk vir kinders die volgende “NEXT level” maak. Ons ding mee teen ʼn tegnologiese wêreld, waar kinders blootgestel word aan hoë vlakke van visuele tegnologie en rekenaars. Kerk moet ‘n realiteit wees waar kinders Die BYBEL met behulp van moderne hulpbronne en tegnologie leer ken.

Missie

Ons hart berus daarin om kinders toe te rus om Jesus te leer ken. HOE? … deur hulle weer aan hulle Bybels voor te stel – die plek waar Jesus al sy waarhede aan almal openbaar. Ons probeer Bybelstories en -beginsels vaslê.

Hoe verloop ʼn tipiese diens?

Ons liedjies is spontaan en opgewek. Die Bybelstories is kreatief met behulp van verskeie hulpmiddels en stories en die kleingroepe probeer verhoudingsbou-geleenthede skep. Baie tyd en energie word aan lesbeplanning en kleingroepaktiwiteite spandeer en klomp opgewekte en energieke vrywilligerspanne word ingedeel om dit vir jou KIND lekker en leersaam te maak.

TYE: 09:00 (oggenddiens)

Drag: Gemaklik

Waar: Kideas-lokale

Wie: Ouderdomme 3-12 jr met groepindelings.