Musiek

Ons musiek is lewendig en opgewek maar nie oorheersend nie. Jy kan selfs verwag om jou gunsteling liedere uit beide die Pinkster- en Susterskerkgeledere te hoor.

Prediking

Ons boodskappe het een fokus; Om Christus se waarhede op ‘n praktiese en interessante wyse oor te dra wat lewenstoepaslik is vir die alledaagse lewe.

Tydsduur

Ons respekteer mense se tyd! Dus word ons eredienste beplan om in 75 minute klaar te wees van “hallo” tot seënwense.

Werking van die Heilige Gees

Ons beleef die Heilige Gees se teenwoordigheid van beplanning tot erediens. Die gebruik van die Gawes tydens eredienste is vir die stigting van die gehoor en geskied met orde en professionaliteit.