Plugg-In

Plugg-In is die hoërskoolbediening van LewenSentrum Gemeente. Plugg-In se lese is; “Los ‘n merk.” Ons glo dat wanneer ons God se liefde beleef los dit ‘n merk in ‘n mens se hart. Hierdie merk in my hart word dan ‘n getuienis vir almal om my.

Vrydae 19:00 en Sondae 8:15 / 10:15

Oorgee

Oorgee is LewenSentum se Graad 7 bediening. Oorgee dien as die oorgangs jaar vanaf Kideas na Plugg-In. Hier is spasie vir jou as graad 7 leerder om God te kan ontmoet op jou eie vlak en om jouself voor te berei vir hoërskool wat volgende jaar voorlê. Aan die einde van hierdie jaar skuif ons na Trefpunt toe en vorm deel van die hoërskool-tienerbediening!”

Vrydae 18:00 en Sondae 8:15 en 10:15

Raak betrokke

Ons volgende generasie het jou bydrae nodig! Raak deel van ‘n soms-laf span wat ‘n hartklop het om God se liefde en lewe ‘n merk van lewensverandering te los in tieners se lewens.