KOSKAS

Ons vrywilligers verpak weekliks van Dinsdag tot Donderdagoggende vanaf 08:00 kospakkies. Hieruit word aan gesinne kos voorsien. Hierdie pakkies sluit ook bejaarde tehuise en inloop persone in.

TEDDIES-VIR-TRAGEDIES

Ons teddies-vir-tragedies word deur gemeentelede gebrei. Die breipatroon word by die Hulp met Ritme-toonbank verskaf.

TOEBROODJIES

Ons vrywilligers smeer Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 toebroodjies vir verskeie skole in ons direkte omgewing.

KLERESTOOR

Klere wat vir minderbevoorregtes geskenk word, word in die klerestoor gesorteer en verpak volgens groepe en groottes.

ADMINISTRASIE

Die toonbank word elke Sondag deur ons vrywilligers beman. Diensbeurte geskied voor en na die eredienste.

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID

Hier vind jy die geleentheid om by projekte betrokke te raak, waar jou persoonlike passie aan jou naaste uitgeleef kan word.