LIDMAATSKAP

Hier kan jy meer hoor oor die DNA van LewenSentrum. Ons visie, missie en manier van kerk hou word hier bespreek. Hierdie kursus dien as vereiste vir iemand om as lid van LewenSentrum opgeneem te word. Vir meer inligting kontak Rina by rina@als.org.za

ONTDEK-JOU-PLEK (OJP)

Wie is jy en waarheen is jy op pad? Dikwels is dit vir ons ’n moeilike vraag om te beantwoord. Is dit nie dalk beter om te vra: “Wie is jy en waarmee is jy besig?” nie? Dit wat ons doen reflekteer tog iets van ons eindbestemming. Tog lyk en voel dit soms asof ons nie lekker weet waar om te begin nie. Ons probeer jou help om jou in die bediening te kry waarvoor jy geroep isVir meer inligting kontak Rina rina@als.org.za

HUWELIKSKURSUS

Verliefdheid is tydelik, liefde is vir altyd. En soms kom die sooibrand na die maaltyd soos slegte spysvertering, kruip gemak in ons op en kort voor lank verloor ons kop. Hartedief word dan net dief, en verby is die dae van: “My vrou, my lief!” Kom stook weer daardie liefdesvlam en skreeu van die kranse: “My maat kán!” Of julle die spoor byster geraak het en of julle bloot net weer wil hoor julle is op die regte pad, kom gesels saam en groei so nader aan mekaar. Moenie wag totdat julle verdwaal voor jy jou rigtingwysers raadpleeg nie. Vir meer inligting kontak Reinart reinart@als.org.za

OUERSKAPSVOORBEREIDING

Is jy ‘n nuwe ouer, of wil jy graag Christelike beginsels oor ouer-wees vasmaak in jou lewe? Hierdie kursus is ‘n moet vir elke ouer. Vir meer inligting kontak Rina rina@als.org.za